MEER OOR "POLSSLAG"
Drie raaiselagtige moorde in afgeleë bouvalle: Pretoria-Oos, Irene en Mamelodi.
Die oortreder word die Drieuur-moordenaar gedoop . . . Want al drie sy slagoffers is klokslag om 03:00 dood, oftewel verwurg, en een ledemaat geamputeer. Teen die muur staan telkens ʼn slagspreuk in bloed geskryf.
Speurder-kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid, word saam met sy span aangesê om die moorde te ondersoek. Sy kollega, doktor Nadiya Patel, is oortuig die moordenaar se modus operandi is ʼn waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.
ʼn Paar maande tevore, iewers in Sandton, sukkel juweelontwerper Marlia Heystek om kop bo water te hou. Sy en haar baas, Rhyno Weidemann, is besig met die afronding van ʼn reeks wat wapens in juweliersware vergestalt. Maar wat Rhyno nie weet nie, is dat iemand Marlia genader het om in die geheim ʼn reeks luukse juwele te ontwerp. As sy instem, hoef sy nooit weer haar sente om te draai nie.
Lees ook die ander twee boeke in dié reeks.

RESENSIES - "POLSSLAG"
RAPPORT |
“Polsslag het ’n bedrieglike komplekse plot; daar is ’n meesleurende elegansie aan die skryfwerk wat enduit getuig van die selfvertroue waarmee Lotz [. . .] skryf . . . Hier word die bloeddruk meedoënloos opgestoot tot ’n samehangende, bevredigende klimaks. Polsslag is hoogs aan te beveel.” – Jonathan Amid, Rapport Lees volle resensie hier:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/polsslag-stoot-bloeddruk-meedoenloos-op-20220603 |
NETWERK24 #1 |
“Die leser word vroeg gewys wie die drieuur-moordenaar in Marie Lotz se tweede boek is, en tog bly dit van begin tot einde ’n berekende en boeiende spanningsroman.” – Candice Jantjies, Netwerk24 |
NETWERK24 #2 |
“Marie Lotz het die vermoë om met haar antiheld – kapt. Alek Strauss, ’n lid van die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid (FSO) – Russiese roulette te speel . . . Polsslag is so meesterlik saamgeweef dat jy hom alleenstaande kan lees, maar jy gaan hierdie boek so geniet dat jy sy voorganger gaan koop. En, myns insiens, is Roofdier een van daardie onvergeetlike debuutskeppings wat die naam Marie Lotz vir ewig in jou geheue gaan vasbrand.” – Stefaans Coetzee, Netwerk24 Lees volle resensie hier:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/lotz-rig-volgelaaide-wapen-20220626 |
SARIE |
“Die skrywer neem die lesers op ’n senutergende reis saam met Strauss |