MEER OOR "ROOFDIER"
ʼn Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ʼn skrywer wat die bloederige donker onder ʼn blink oppervlak blootlê.
Lees ook die ander twee boeke in dié reeks.
Lees ook die ander twee boeke in dié reeks.
RESENSIES - "ROOFDIER"
Netwerk24 |
“Die tempo van die storie vlieg vinniger as ’n jaggeweer se koeël. Dit is nie net die plot en karakters wat my vasgevang hou nie, maar ook [Lotz se] skryfstyl. Ek kan beswaarlik glo hierdie kragtoer is ’n debutant.” – Stefaans Coetzee, Netwerk24 Lees volle resensie hier:
www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/jag-op-n-reeksmoordenaar-20211010 |
Huisgenoot |
“Roofdier is ’n gatskopdebuut met kloue . . . ’n Mens wil vra, maar waar kom Marie Lotz nou skielik vandaan met so ’n uitstekende krimi wat bevolk word deur volronde karakters?” – Elna van der Merwe, Huisgenoot |
Rapport |
“Enige debutant wat in die Afrikaanse krimikryt klim behoort te weet hoe moordend die mededinging om lesers se lojaliteit is. Marie Lotz tref egter die kol met Roofdier.” – Sophia van Taak, Rapport |
Jonathan Amid |
“Hierdie is donker, broeiende, soms bloederige, altyd boeiende misdaadfiksie met ’n baie sterk spanningslyn en veelvlakkige karakters. Moenie dat jou vriende . . . die jakkalsdraaie bederf nie! Spanningsvrate en krimi-koppe, staan nader!” – Jonathan Amid, Facebook |