Het jy jou manuskrip/storie afgehandel en nou benodig dit net daardie finale afronding wat jou kanse soveel groter sal maak om deur een van die topuitgewers aanvaar te word vir publikasie? Of wil jy hê jou besigheidskommunikasie, hetsy op sosiale media, in brosjures, kontrakte, verslae, of enige ander geskrewe teks/dokumentasie moet foutloos en professioneel vertoon? Indien wel, dan kan ek jou van hulp wees.
Ek lewer die volgende dienste:
Ek lewer die volgende dienste:
1 BASIESE PROEFLEESDIENS Vir reeds afgeronde teks wat slegs finale kontrole vereis met betrekking tot klein veranderinkies of tikfoute. Vanaf R140.00 per 1 000 woorde (14c per woord) vir basiese leeswerk. |
2 DEEGLIKE PROEFLEESWERK/LIGTE REDIGEERWERK Vir teks wat 'n deeglike proeflees en finale kontrolering vereis. Dit sal ligte redigering en proeflees vir tik-, spel-, leesteken- en hoofletterfoute, lomp grammatika, swak vloei en leesbaarheid insluit. By manuskripte sal die dokument ook in die formaat wat deur uitgewers verkies word, omgeskakel word. Vanaf R180.00 per 1 000 woorde (18c per woord). |
3 VOLLEDIGE REDIGEERWERK Alles onder punt 2 gemeld, sowel as 'n deeglike oorsig van die hele dokument. 'n Herskryf sal gedoen word ten opsigte van dié gedeeltes waar nodig. By manuskripte sal moontlike gapings in die storielyn uitgewys word en voorstelle in dié verband gemaak word. Die kliënt moet seker maak al die nodige dokumentasie waarteen statistieke, syfers, feite, ens. gekontroleer moet word, word per e-pos saam met die bronteks gestuur. Vanaf R300.00 per 1 000 woorde (30c per woord). |
4 VERTALING U teks sal van Engels na Afrikaans (of vice versa) vertaal word. Vanaf R300.00 per 1 000 woorde (30c per woord) |
#
KONTAKVORM
Vul asseblief die kontakvorm in en ek skakel jou terug.
|
BELANGRIK: Tariewe is slegs riglyne en die kompleksiteit van die bronteks sal die deurslaggewende faktor wees in die finale prysbepaling. Ek sal vooraf 2–3 bladsye van die manuskrip of enige ander projek verlang om ʼn presiese kosteberaming te doen. ʼn Vooraf 50%-deposito sal vereis word alvorens die werk ʼn aanvang neem. Die balans sal direk na afhandeling van die werk betaalbaar wees. GETUIGSKRIF
"Buiten my verslae keurig taalversorg, het Marie 'n fyn oog vir detail, wys sy teenstrydighede uit, en verseker sy dat die inhoud op 'n sinvolle manier gekommunikeer word."
LINDA DE ROOSTER
EDUCATIONAL PSYCHOLOGIST BA Ed, B Ed, M Ed (UJ 1987) Short Course Foundations of Medico-Legal Practice (UCT 2018) |